Friday, 13 November 2015

Tussen Mure

Tussen Mure

Elke boompie het 'n gat,
Sluit my toe tussen mure wat ek verdien,
Saggies, mooi en opgevoed,
Vuil gesiggie klaar gewas, het ek gesien

Dis winter in my heiligdom,
Koue klooster, huil huil sag,
Glo is leeg - ek leef vermom
Vat my terug, leer my lag

Sluit my toe waar daar vensters is,
Ken my toe wat ek verdien,
Lei my heen waar genade rus,
Vergewe my wat my oe wou sien


No comments:

Post a Comment