Friday, 13 November 2015

Thoughts in Afrikaans

Vyfde Wiel

Die lewe klink romanties - trust my dit is nie,
Ek is die woorde in jou verlede,
Soos muure is jy al om my,
Ek kan my nie vergewe

Moenie weg gaan nie,
Ek wil jou vra om te bly,
Dit wat nooit begin het nie,
Is tussen ons ook nou verby

Jou skaamte dra nie meer die gesig van n kind,
Skuld gevoelens is ou vriende van my,
Tussen dogter se twyfel word pa gevind,
Jy is die skaduwee wat by my bly

Te jonk om rerig jou as siel te begryp,
Dalk besef en weer vergeet,
Vrou wat haar aan drank vergryp,
Jy wat my teen perfeksie meet

Ek n sondaar - my pa se kind,
Wil he jy moet my siel verstaan,
Het gesoek- maar nooit gevind,
Iets wat in jou plek kon staan.

No comments:

Post a Comment