Friday, 13 November 2015

Still in Afrikaans

Sulke Mense

Voel-voel skuifel jy deur die gange van die lewe,
Soek maniere om te leef en te vergewe,
Jy wat loop deur die wereld so onaangeraak,
Geweef in woorde wat sondaars maak,

Donker oe vertel van verlate lugkastele,
Lewe van gebroke jare met vermisde dele,
Uitgesny en agtergelaat deur familie was jou wense,
Opgesluit en grootgemaak tussen mense-gemaakte grense.

Elk van ons meet die binneste op n ander skaal,
Al is die hart geklee - die siel bly kaal,
Hardloop tog die padjie uitgetrap vir jou,
Slegs op voorgeksrewe drome mag jy 'n toekoms bou

Sluk die gees van jou hart se moed,
Maak droog die water wat gedagtes voed,
Leer slegs die wysheid wat ek s^e is genoeg,
Smoor daai gees - jy maak die wereld moeg

Ouers stel hul kinders voor aan Afrikaner lief en leed,
Tyd bring vrede wat harte laat vergeet,
Vroe passie wat hulle as mislukking merk,
Wilde passie - verban deur volk en kerk.


No comments:

Post a Comment